Contact us
Past Pupils       Term Planners       Fundraising       info@pahs.co.za       046 624 2440  

NOTICES

– From PA School –

Teacher Feature – Bianca Minnie

Apr 20, 2020Teachers

My eerste herinnering van die kombuis, was toe ek 7 jaar oud was. Ek sien nog die prentjie voor my oë en hoor die gegiggel van ‘n klein dogtertjie wat so opgewonde was om haar eerste tuisgemaakte koekies te bak. Ek en my ma staan om die groot outydse hout tafeltennis tafel en draai die koekie deeg deur die outydse koekiemeul.  Die reuk van vars koffiekoekies trek deur die hele huis.  Dit was nog altyd my gunsteling.  Die doop van die vlakoekies in die sjokolade was altyd my werk.  Hoe verlang ek nou terug na die goeie ou dae.  My ma is my grootste inspirasie as dit by bak en brou kom. “No one is born a great cook, one learns by doing.”

Soos ek ouer geraak het, het my liefde vir kosmaak net gegroei.  Na die geboorte van my dogtertjie het ek meer bewus geraak van die hele konsep van welstand en gebruik van natuurlike en organiese produkte. Ek is gaande daaroor om bestaande resepte te neem en ‘n “Minnie-twist”, soos ek dit noem, daarop te sit. Om iets meer gesond met ‘n laer suikerinhoud te maak, is altyd ‘n bonus. Ek kook om goed te voel en ook vir genot; om my gedagtes af te skakel en op een ding te fokus, en ook vir die samesyn wat ‘n heerlike bord kos of gebak bring.  My nuutste guur tydens die “lockdown” is om my eie tuisgemaakte yogurt te maak.  Dis ‘n tydsame proses, maar beslis die moeite werd.  Dit leer ‘n mens geduld en geduld verbeter gesondheid, die lewe en vriendskappe.

What's on in PA

Welcome to our community events calendar.No Events

Follow us on Instagram
Share This